-deur Dale Hurd / CBN

4 June 2018

Die inhegtenisname en gevangenisstraf van Stephen Lennon, beter bekend as Tommy Robinson, het wêreldwyd protes tot gevolg gehad. Lennon is ’n regse Britse aktivis wat uitgesproke is oor die toenemende invloed van Islam in Engeland.

Na sy inhegtenisname is die Britse media vir dae nie toegelaat om daaroor verslag te doen nie, en is dit vergelyk met die Sowjet-Unie en George Orwell se 1984.Daar was demonstrasies in Downingstraat tot so ver as in Australië. ’n Duitse parlementslid het hom selfs politieke asiel aangebied.

Lennon is verlede Vrydag in hegtenis geneem bloot omdat hy buite die hof verfilm het waar die verhoor van ’n Moslem-verkragtingsbende aan die gang was. Hy is aangekla van minagting van die hof en as gevolg van ‘n vorige opgeskorte vonnis, is hy dadelik tronkstraf van 13 maande opgelê. Sommige is bang dit kan ’n doodsvonnis vir hom wees.

Lennon, die voormalige leier van die English Defence League en ’n luide stem wat waarsku teen die Islamisering van Brittanje, het ’n belangrike wêreldwye simbool geword van weerstand teen regerings wat radikale Islam toegelaat het om binne hul grense wortel te skiet.

Die Britse regering beskou Lennon as ’n aanhitser en hy word vir die afgelope paar jaar gereeld vervolg en tronkstraf opgelê. Hy kan nie werk kry nie en sy gesin moes al verskeie kere verhuis.

“Dit is soos om ’n land lief te hê wat jou haat,” sê Lennon, wie se storie in sy outobiografie, Enemy of the State beskryf word. Toe CBN Nuus in 2016 met Lennon in sy tuisdorp Luton tyd bestee het, het hy gesê hy is oortuig daarvan dat hy eendag doodgemaak sal word en glo die Britse regering wil hom dood hê.

“Ek weet ek gaan doodgemaak word,” het hy gesê. “Ek weet daar sal ’n tyd wees wanneer mense na hierdie (onderhoud) sal kyk wanneer ek vermoor is. Ek weet dit al vir jare.”

Wat Lennon se arrestasie selfs meer ‘Orwellian’ gemaak het, is toe die Britse regering ’n verbod op enige Britse mediadekking geplaas het tot Dinsdag.

Sy ondersteuners vrees dat hy in die tronk vermoor kan word.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.