-deur Jessica Jones

10 Mei 2018

IKEA het vir sy anti-boelieveldtog in die Midde-Ooste ’n eksperiment uitgevoer met lewende plante en skoolkinders.

Die lewende eksperiment het behels dat IKEA twee van sy kantoorplante geneem het en hulle by die skool gelaat het: die een plant moes voortdurend komplimente en bemoediging ontvang en die ander is verbaal geboelie en lelike dinge toegesnou.

Ná 30 dae was die resultate duidelik – die plant wat bemoediging ontvang het, het voortgaan om te floreer, terwyl die plant wat “geboelie” is, se blare verlep en bruin daarna uitgesien het. Beide plante het dieselfde hoeveelheid water ontvang en het genoeg sonlig, water en kompos gekry. Die enigste verskil was dat die een plant vir 30 dae aan kritiese, afbrekende woorde blootgestel was en die ander aan opbouende woorde van bemoediging. Teen die einde van die eksperiment het die indrukwekkende resultate vir hulself gepraat. Kyk hier na die video

Bron: boredpanda.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.