-deur Adam Eliyahu Berkowitz | Breaking Israel News

9 September 2017

It will be a time of trouble, the like of which has never been since the nation came into being. At that time, your people will be rescued, all who are found inscribed in the book.” Daniel 12:1 (The Israel Bible™)

ʼn Aardbewing van 8.4 het Meksiko getref waarin ten minste ses mense gesterf het; dit het ook ‘n tsunami tot gevolg gehad. Die aardbewing het 119 km van die suidelike Stille Oseaan se kus plaasgevind.

Meksiko se burgerlike beskermingsagentskap het berig dit was die kragtigste aardbewing wat die hoofstad sedert 1985 getref het.

Dit is maar een van die onlangse groot natuurrampe in daardie deel van die wêreld. Twee weke gelede is Texas deur orkaan Harvey getref, die duurste natuurramp in die Amerikaanse geskiedenis. Die orkaan het tot 38 sterftes gelei en skade van $ 190 miljard aangerig wat deur die groot vloed veroorsaak is.

In die nasleep van die orkaan-gegenereerde ramp, is minder aandag geskenk aan veldbrande wat oor agt state in die westelike deel van Amerika woed en duisende dwing om hulle huise te ontruim. Miljoene hektaar bos is die afgelope week afgebrand. In Kalifornië het die La Tuna-vuur naby Burbank amper 7 200 hektaar verbrand  ̶  die grootste brand wat ooit in Los Angeles aangeteken is met betrekking tot die omvang daarvan.

Die moeilikheid is ook nog nie verby nie. Florida berei voor vir orkaan Irma, die tweede van drie orkane wat tydens die sonverduistering ontstaan het. Irma, ‘n kategorie 5-orkaan, is die kragtige storm oor die Atlantiese Oseaan wat nog ooit aangeteken is, met volgehoue ​​winde van meer as 305 km/h. Minstens 13 mense het in die storm omgekom. Donderdag het die storm Puerto Rico getref en meer as een miljoen mense sonder elektrisiteit gelaat en 56 000 mense sonder water.

Alhoewel dit onmoontlik is om die pad van ‘n storm te voorspel, het meteoroloë gewaarsku dat Irma die naweek noord kan draai en Sentraal-Florida kan tref. Florida se goewerneur, Rick Scott, het ‘n noodtoestand in al 67 provinsies in sy staat verklaar.

Nog ‘n orkaan, Jose, ontwikkel nog in die Atlantiese Oseaan.

Een week voor die sonverduistering was Breaking Israel News die eerste nuusdiens om ‘n artikel te publiseer oor ‘n voorspelling in die Yalkut Moshe, geskryf deur Rabbi Moshe Ben Yisrael Benyamin in Safed in 1894. Rabbi Benyamin het voorspel wanneer ‘n sonsverduistering aan die begin van die Hebreeuse maand, Elul, plaasvind – soos die pas afgelope verduistering –  “Dit ‘n slegte teken vir die ander nasies [sal] wees, dit sal groot skade meebring vir die konings van die Ooste, asook groot storms en vrektes onder diere.”

Tydens die sonsverduistering het die weerkundiges voorspel dat die drie storms nie in betekenisvolle orkane sou ontwikkel nie. Vier dae later blyk dit die voorspelling van die Yalkut Moshe is akkuraat.

Rabbi Daniel Asore het die doel van natuurrampe in die eindtye verduidelik: “Dit kom as ‘n natuurlike verskynsel, maar die bedoeling is dat dit die mens sal beïnvloed,” het rabbi Asor gesê. “Natuurrampe is bedoel as ‘n waarskuwing, soos ‘n pa wat hard op die tafel slaan om sy kinders te waarsku dat hulle iets doen wat hom kwaad maak.”

Van groter kommer is die toename in vyandskap tussen Amerika en Noord-Korea. Rabbi Yosef Berger het die “konings van die Ooste” in die profesie geïdentifiseer as Kim Jong Un, die despotiese leier van Noord-Korea. Sedert die verduistering het hierdie situasie verder versleg met Noord-Korea wat ‘n missiel oor Japan se lugruim afgevuur het en ‘n ondergrondse kernbomtoets  geloods het.


Bron: breakingisraelnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.