-deur Gateway News

9 April 2018

Die EFF moet Christene om verskoning vra vir die godslasterlike  verklaring wat hy op Goeie Vrydag gemaak het wat daarop aanspraak maak dat “die Palestyne vandag die gekruisigde, hangende liggaam van Jesus is,”  het mnr. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, in ‘n mediaverklaring gesê.

“Jesus se kruisdood was ‘n uitdrukking van die hoogste vorm van liefde – Hy het sy lewe vir die redding van die hele  mensdom gegee. Geen persoon in die geskiedenis voor of na Jesus , het dit gedoen het nie. Palestyne word nie gekruisig nie.

“Die EFF moet alle Christene om verskoning vra vir hierdie vergelyking  wat opruiend, hoogs aanstootlik en lasterlik is.  Jesus was en is die Messias vir ALLE mense; ryk en arm, swart en wit, jonk en oud,” sê hy.

Meshoe se verklaring gaan voort: “Om na die Palestyne as ‘Palestyne van Jerusalem’  te verwys,  is slinks en  geheel en al misleidend. Jesus was ‘n Jood. Jerusalem behoort  al vir meer as 3 000 jaar aan die Jode, vanaf die tyd dat koning Dawid dit as ‘n stad van Israel gevestig het. Nie net bevestig die Bybel dit  nie, historiese geskrifte en argeologie bevestig dit ook.

“Israel is nie ‘n rassistiese, moorddadige en apartheidsregime nie. Dit is ‘n leuen wat die EFF voortgaan om te verkondig . . .”

Ter afsluiting van sy verklaring, het Meshoe gesê: “Miskien is dit weens onkunde, maar meer waarskynlik weens  ‘n verborge agenda, fokus die EFF se stelling slegs op die dood van Jesus Christus. Paasfees is egter die Christelike herdenking van Sy dood én die viering van Sy opstanding. Hoewel dit  Sy kruisdood was wat die skuld vir ons sondes betaal het, is dit juis omdat Jesus uit die dood opgestaan ​​het dat ons hoop, genesing, vrede en voorspoed kan hê. Sy dood en opstanding was ook sodat die mense met God versoen kan word. Jesus se bediening van versoening is ‘n bediening wat volgens die Bybel ook ons roeping is.

“Dit sal die EFF baat om versoening as ‘n daad en ʼn houding na te volg  en hul boodskap van verdeeldheid en geweld te laat vaar. Hulle moet ander ook aanmoedig om hierdie houding in te neem. ‘n Versoenende benadering te same met goddelike wysheid sal verseker dat die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar (insluitende die herverdeling van die land) oorwin kan word op ‘n manier wat vrede, ware transformasie en voorspoed vir alle Suid-Afrikaners bring. ”


Lees die volledige berig by  gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.