– deur Dan Andros
9 Julie 2018

Die dramatiese poging om die 12 Thaise sokkerspelertjies wat ondergronds vasgekeer is te red, het die  wêreld aangegryp. Nou word daar berig dat vier van die jong seuns suksesvol uit die grot geneem is.

 

’n Ervare reddingsduiker het reeds sy lewe verloor terwyl hy besig was om suurstofsilinders op te stel  langs die verraderlike roete na dies seuns toe: TRAGIC: Former Navy SEAL Dies Assisting Trapped Boys in Thai Cave

 

Image result for 4 boys rescued

 

Die vier seuns is dadelik na ’n plaaslike hospitaal geneem. Weens die gevaarlike ontsnappingsroete word die seuns een vir een uit die grot begelei en amptenare het gewaarsku dat die reddingsoperasie dae lank kan neem om te voltooi, maar tot dusver gaan dit vinniger as wat verwag word.

Volgens die BBC het beamptes besluit om die seuns wat in die swakste toestand is, eerste te ontruim. 

Dit neem van die beste duikers ter wêreld  ’n verbysterende 11-uur lank om die seuns te bereik en weer terug te keer na die oppervlak. Dit behels ’n kombinasie van stap, klim en duik – en daar is absoluut geen natuurlike lig nie.

Die moeilikste gedeelte is omtrent halfpad uit – by ’n gedeelte genaamd “T-Junction”, wat so nou is, dat die duikers hul lugsillinders moet afhaal om daardeur te kom.

Die grotstelsel is soos ’n spons en wanneer die watervlakke styg, styg die vlakke oral. Reën kan ’n ernstige probleem veroorsaak.

 

Workers fix the road leading to the cave on July 3.

 

‘n Poging om ‘n nuwe ingang  te skep deur van bo af te boor , het misluk. Reddingswerkers het slegs een opsie: kry die seuns deur die tonnels uit.

Hulp kom uit alle oorde — soms ongevraag. ‘n Groep vrywilligers het per ongeluk begin om water terug in die grot in te pomp in plaas van uit.  Elon Musk het ook die hulpbronne van sy SpaceX-maatskappy beskikbaar gestel om die reddingspogings te help.

Die seuns en hulle afrigter bevind hulle in hierdie gevaarlike situasie as gevolg van ‘n “inlywingseremonie”, waar die jong spelers diep in die lang tonnel ingestap het in die hoop om hul name op ‘n  muur diep in die grot te gaan krap,  volgens die duikinstrukteur Ben Reymenants, wat deel is van die reddingspan.

 

A Thai Air Force worker drops near a possible cave opening on Saturday, June 30.

 

‘n Span reddingswerkers – insluitend kundige duikers, mediese personeel en die polisie –  werk onverpoosd om die groep na veiligheid te bring.  Daar is onder andere  ’n dokter en verpleegster, wat vrywillig aangebied het om saam met die kinders in die grot te bly vir  so lank dit nodig is – dae, weke of selfs maande om na hulle mediese behoeftes om te sien.

Op die geestelike front het sommige van die klasmaats van die spelers by die ingang van die tonnel vergader waar hulle die seuns en  hul afrigter bemoedig met gebed en aanbiddingsliedjies. “Glo in God. Slegs geloof kan berge versit, ” het die kinders gesing.

Relatives of the trapped team members pray on Wednesday, June 27.

 

“Duik is nie maklik nie,” het die Thaise minister van binnelandse sake,  Anupong Paojinda,  aan die Evening Standard gesê. “Vir mense wat dit nog nooit gedoen het nie, sal dit moeilik wees. Dit is baie anders as om in ’n swembad te duik, daar is nou kanale en as iets fout gaan, kan dit fataal wees.”

As  hulle egter die water voldoende kan dreineer voor die storms kom, sal die kinders ideaal gesproke kan uit stap. As die storm egter kom voordat die kinders veilig is, kan hulle moontlik maande lank in die grot bly. 

Hou asseblief aan om die sokkerspan, hul afrigter, die mediese kundiges, die reddingsduikers en al die ander reddingswerkers  in jou gebede te hou.


Foto: Getty
Bron: www.faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.