-deur Lourieke Haller

17 Julie 2017

Die Britse media het oor die naweek berig dat ’n Britse man, Hayden Cross, volgens hom “die eerste man sal wees om geboorte te gee voordat hy die proses voltooi om sy borste en eierstokke te laat verwyder.”

Ondanks Hayden Cross se aanspraak, het Scott Parker (wat as ’n vrou gebore is) op 29 April 2017 geboorte gegee aan ’n babadogtertjie, en in 2007 het die Amerikaner, Thomas Beatie, van Arizona (wat ook as ʼn vrou gebore is) geboorte gegee aan die eerste van sy drie kinders.

Hayden Cross (20) is nou volgens wet manlik en het met hormoonbehandeling begin. Hy het ʼn spermskenker op Facebook gevind nadat hy met sy geslagsverandering begin het.

Hy is nou 16 weke swanger en beplan om die baba te hê voordat hy voortgaan om die geslagsveranderingproses te voltooi.

Die nasionale gesondheiddienste van Engeland sê daar is ongeveer 3 000 transgenderpasiënte per jaar in verskillende stadiums van hulle behandeling; twee derdes is mans wat vroue word, en dit beloop £ 17 miljoen per jaar.

“Trans is nou algemeen vir ons generasie,” het Hayden Cross gesê.

Dit is wat voorlê; ʼn wêreld waar ‘n humanistiese sekulêre wêreldbeskouing steeds verder weg beweeg van die orde en Woord van God. Dit is waarom pogings van instansies soos Errol Naidoo se Family Policy Institute se waarskuwings en petisies ernstig opgeneem en ondersteun moet word. Die voorgestelde Comprehensive Sexual Education (CSE) van die VN, wat reeds by van ons skole ingestel is, sal ons jeug en die volgende generasie met hierdie tipe denkwyse indoktrineer en van ’n Bybelse wêreldbeskouing vervreem. Klik hier om hierdie petisie teen CSE te ondersteun http://www.citizengo.org/en/fm/35997-stop-cse-south-african-schools.

Daar is ‘n fel aanslag op die gesin, soos in die Bybelse sin, en elke Christen moet ingelig wees sodat hy / sy met insig en geloof kan bid en soos helder ligte kan skyn en nie bloot meegaan met die wêreldse denk- en doenwyse nie.


Bron dailymail.co.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.