17 November 2017
Deur Dirk van Genderen | CBN Nuus

‘n Opname deur die bekende Barna-groep toon dat 21 persent van die Joodse milleniërs (jongmense wat tussen 1982 en 1997 gebore is) in Amerika glo dat “Jesus die Seun van God is en in die eerste eeu in die menslike vorm saam met die mense van Israel geleef het,” berig CBN News

Verder beskou 28 persent van die respondente Jesus as rabbi of ‘n geestelike leier, maar nie as God nie; 42 persent van die respondente vier jaarliks Kersfees. Die navorsing is namens ‘Jews for Jesus’ gedoen. Ari Kelman, wat Joodse studies aan die Stanford Universiteit doseer, is verbaas oor die resultate van die navorsing. “Dit is iets nuuts,” het hy gesê.

Susan Perlman, kommunikasiedirekteur vir Jews for Jesus, het die resultate van die navorsing  as “baie bemoedigend” bestempel. “Hierdie geslag is geestelik en is gewillig om hulle te verdiep in die vraag of Jesus die Messias kan wees.” 


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.