1 Februarie 2019

’n Jong Duitser wat in 1997 ’n aborsie oorleef het, is op 21 oorlede. Die gesin wat hom aangeneem het, sê dat sy 21 jaar “vol lewe” was.

Image result for Abtreibung Oldenburg
Image result for Tim Guido

 

In Duitsland is ’n aborsie ná 12 weke van swangerskap verbode, tensy die moeder se gesondheid in gevaar is, of die baba met ’n ernstige siekte of gestremdheid gediagnoseer is. Toe Tim se ma op 20 weke uitvind dat haar kind Down se sindroom het, wou sy selfmoord pleeg en is daar selfs in dié laat stadium ’n aborsie vir haar geskeduleer.

Omdat Tim vroeggebore sou word en hy in elk geval sou sterf, het die dokters besluit om nie ook die dodelike aborsiemiddel in te spuit nie. Hy is lewendig gebore en het maar net 800 g geweeg. Hy is in ’n kamer gelos om te sterf. Dit was eers toe hulle nege uur later terugkom en ontdek dat hy nog lewe, dat hy mediese sorg ontvang het.

Image result for Tim Guido
Image may contain: 3 people

 

Bernhard en Simone Guido, wat Tim aangeneem het, sê dit was “liefde met die eerste oogopslag” toe hulle hom sien: “Ons het dadelik gedink: Hy hoort by ons.”

Behalwe vir Tim en hulle eie twee kinders, het Bernhard en Simone ook twee ander kinders met Down se sindroom aangeneem. Hulle voer ’n veldtog teen aborsies wat in die laaste trimester uitgevoer word.

Tim is in Januarie oorlede nadat hy ’n longinfeksie opgedoen het.

Sy gesin het gesê: “Ons is baie hartseer en weet nog nie hoe om ons seun wat so uniek was, se dood te verwerk nie. Hy was so vol lewe en het soveel vreugde gebring.”


Foto: www.facebook.com
Bron: christian.org.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.