-deur CBN News

9 Oktober 2017

Duisende Poolse Rooms-Katolieke het vir ʼn dag van gebed vir die redding van “Pole en die res van die wêreld” byeengekom.

Die geleentheid, getiteld “Rosary on the Borders”, het verlede Saterdag plaasgevind. Pole van oor die hele land het by verskeie plekke aan sy grens byeengekom om saam te bid teen die “bedreiging wat die land in die gesig staar”.

Hulle het op strande, by lughawens, op velde en ander byeenkomsplekke vergader om saam te bid.

Sommige organiseerders sê die geleentheid was doodeenvoudig ‘n gebed teen die bedreiging vir die land, maar ander het die byeenkomste beskou as ‘n gebed teen Moslem-migrasie na Europa.

Die datum van die geleentheid, 7 Oktober, het saamgeval met ’n Rooms-Katolieke fees wat die Christene se oorwinning oor die Ottomaanse Turke in die Slag van Lepanto in 1571 gevier het.

Volgens die Associated Press, sien organiseerders van die gebedsveldtog daardie slag as Europa se bevryding van islamisering.”

Een deelnemer, Halina Kotarska, het gesê sy is daar uit dankbaarheid vir haar seun se lewe wat gespaar is in ʼn motorongeluk, maar ook om vir die toekoms van die Christendom te bid. “Islam wil Europa vernietig. Hulle wil ons van die Christendom wegdraai,” het sy gesê.

Kritici het die byeenkomste as anti-Moslem bestempel.

Eerste minister Beata Szydlo het haar steun vir die geleentheid getwiet.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.