-deur Jessilyn Justice | JNS.org

6 Oktober 2017

Meer as 6 000 Christen-pelgrims van sowat 100 lande sal vandeesweek na Jerusalem reis vir die 38ste jaarlikse viering van die Loofhuttefees wat deur die International Christian Embassy Jerusalem (ICEJ) aangebied word.

Die geleentheid, wat vanjaar van 6 tot 11 Oktober plaasvind, is die “grootste jaarlikse Christelike byeenkoms in Israel,” het David Parsons, vise-president en senior woordvoerder van ICEJ, aan JNS.org gesê.

Volgens die ICEJ-president, dr. Jürgen Bühler, verwag hulle vanjaar die grootste skare ooit, met Christene wat na die Heilige Land stroom vir ‘n “dinamiese aanbiddingservaring”.

“Dit is ook die 50ste jubeljaar van ʼn herenigde Jerusalem wat gevier word, en dit beteken dat ons uitsien na ’n grootse fees,” het Bühler gesê.

Die geleentheid begin op 6 Oktober met ‘n buitelugmaaltyd en ʼn konsert by die Ein Gedi-natuurreservaat naby die Dooie See. Die feesvieringe beweeg dan na Jerusalem vir die res van die Joodse vakansie van Sukkot, met die meeste aktiwiteite wat in die hoofstad se Pais Arena sal plaasvind.

Volgens Parsons sal die hoogtepunt vir die meeste pelgrims die optog deur die strate van Jerusalem wees waartydens duisende evangeliese Christene in solidariteit saam met Israeli’s stap.

Die fees sluit af met ‘n gebedseremonie wat by die Toring van Dawid-museum in Jerusalem se Ou Stad aangebied word.

Byskrif: Die Loofhuttefeesviering in Jerusalem Foto: ICEJ / via JNS.org)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.