-deur CBN

13 Junie 2018

Ná vyf agtereenvolgende jare van ondergemiddelde winterreënval het die Israelse kabinet ’n  maatreël van $ 30 miljoen goedgekeur om die See van Galilea en sewe noordelike strome wat deur die droogte geraak word, aan te vul. Die Dooie See en die Jordaanrivier word ook die droogte geraak.

Vir die eerste keer sal ontsoute water in die Kinneret-meer (Israel se grootste varswatermeer)  ingepomp word om te help om sy watervlak, sowel as die strome in die noorde, aan te vul. Die plan behels ook die konstruksie van twee nuwe ontsoutingsaanlegte, een aan die kus van die Wes-Galilea en ’n tweede een in Sorek, waar die wêreld se  mees gevorderde en grootste ontsoutingsaanleg in 2014  begin water lewer het.

Israel se drie ontsoutingsaanlegte bied nou sowat 70 persent van die land se drinkbare water.

Die watervlak van die Kinneret het tot byna 213,46 meter onder seevlak gedaal – ongeveer ’n halwe meter onder die onderste van die twee rooi lyne , skaars 4,8 meter bo die swart lyn. As die watervlak onder die swart lyn val, sê owerhede dat die land se hoofbron van soetwater onherstelbare skade kan opdoen.

Israel het tot kundigheid oor ontsoutingsaanlegte by verskeie lande, waaronder China, Indië en die staat Kalifornië, bygedra.


Geskryf deur: Tzippe Barrow

Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.