-deur Andre Viljoen  \ Gateway News

31 Mei 2018

Christen-leiers word genooi om op 5 Junie in Johannesburg bymekaar te kom om saam te werk aan ’n gesamentlike Bybelgebaseerde reaksie op grondonteiening sonder vergoeding, vir voorlegging aan die parlement.

Die dringende vergadering word aangebied deur die Kingdom Policy Institute (KPI) sodat die kerk as geheel die noodsaaklike leierskap kan bied oor die grondkwessie. Dit sal aan die parlement se grondwetlike hersieningskomitee voorgelê word,” sê die KPI in ’n mediaverklaring wat op 25 Mei bekendgestel is.

Nadat die parlement in Februarie gestem het ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding, is die Grondwetlike Oorsigkomitee aangestel om artikel 25 van die Grondwet en ander klousules waar nodig te hersien, om dit moontlik te maak vir die staat om, in openbare belang, grond sonder vergoeding te kan onteien.

Ingevolge ’n openbare deelnameproses oor die grondaangeleentheid, moet skriftelike voorleggings aan die Grondwetlike Oorsigkomitee gedoen word teen 15 Junie.

Tydens die vergadering wat op 5 Junie om 10:00 tot 16:00  by Vuka Africa in Harleystraat 19, Randburg, aangebied sal word, kan leiers saamwerk om ’n voorlegging saam te stel oor hoe artikel 25 van die grondwet aangepas moet word, maar gebaseer op riglyne in die Bybel.

“KPI, ’n groep kerkleiers en beroepslui wat hulle beywer om beleid te beïnvloed, nooi jou en jou afvaardiging uit om hierdie baanbrekende sessie by te woon en julle bydrae te lewer vir die Kerk om leiding te verskaf vir die grondkwessie deur die Woord van God te gebruik,|” lui die verklaring.

Toegang tot die vergadering is gratis. Weens logistieke redes moet besprekings egter gemaak word. E-pos bookings@kingdompolicyinstitute.org vir besprekings.

Byskrif: Times Live.


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.