-deur Shawn A. AKERS / Charisma News

11 Junie 2018

Die gebied rondom Heidi Baker se bediening in Mosambiek het die afgelope paar dae deurgeloop onder terreuraanvalle – die Bakers vra gelowiges vir dringende gebed.

Evangeliste Rolland en Heidi Baker het na berig word vir Mike Bickle en die International House of Prayer Kansas City (IHOPKC) gekontak om gelowiges wêreldwye te vra vir gebed vir wat die Bakers as ’n “groot krisis” bestempel, volgens ‘n berig op  Facebook.

Die gebedsversoek is deur die Global Prayer Room & Revival Centre – New York City, geplaas en beweer dat dit deur Mike Bickle en IHOP versprei is. Die berig is op die amptelike IHOPKC Twitter-rekening geplaas. ’n Video van Heidi Baker self is na bewering Saterdag gesirkuleer, maar is sedertdien van Facebook verwyder.

In die plasing sê Bickle dat Heidi Baker hom vertel het terroriste aanvalle lood sin die gebied waar sy haar bevind en mense onthoof en dorpies in Pemba, Mosambiek, aan die brand steek. Baker het gevra dat IHOP die woord versprei dat daar “dringend” gebid moet word vir die mense van die Pemba-gebied sowel as vir Iris Global, aangesien terroriste dorpe in die Pemba-gebied aanval en ’n hele paar mense reeds vermoor is.

Die boodskap sê die Bakers sal noodgedwonge oor die volgende paar dae 250 leerlinge uit Pemba na Johannesburg, Suid-Afrika, moet verskuif. Baker het glo aan IHOP gesê dat paaie in Pemba versper is en dat die weermag wat probeer om die gebiede te beskerm, nie kan inkom nie.

News24 het Sondagoggend berig dat Moslem-vegters dorpe oral in Mosambiek aangeval het en duisende mense  na Pemba laat vlug het. Volgens berigte het die vegters meer as 230 huise afgebrand en die afgelope drie weke 23 mense onthoof het.

Heidi Baker het Saterdag op haar Facebook-bladsy gesê:

In the midst of hardships, we are continuing to press on to preach the Gospel. Yesterday, we went to encourage one of our local churches across the bay and finalized the purchase of land to build a new church/school/water catchment! We also spent the day worshiping and pressing into what God is going to do in Northern Mozambique. Thank you all for praying with us!

“We do not want you to be uninformed, brothers and sisters, about the troubles we experienced in the province of Asia (or the district of Cabo Delgado). We were under great pressure, far beyond our ability to endure, so that we despaired of life itself. Indeed, we felt we had received the sentence of death. But this happened that we might not rely on ourselves but on God, who raises the dead. He has delivered us from such a deadly peril, and he will deliver us again. On him we have set our hope that he will continue to deliver us, as you help us by your prayers. Then many will give thanks on our behalf for the gracious favour granted us in answer to the prayers of many – 2 Corinthians 1:8-11.”

Bid saam met ons vir die Bakers se bediening en die gelowiges in die Pemba, Mosambiek-gebied vir hul beskerming teen terroriste en vir die vrede wat alle verstand te bowe gaan.


Bron: charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.