-deur Saqib Shah

11 April 2018

Lede van die publiek kon in die “Sarco” Selfdoodmasjien via virtuele werklikheid ervaar hoe dit voel om in die masjien dood te gaan.

Die morbiede “selfdoodmasjien” wat gebruikers toelaat om hul lewe binne ʼn paar minute te beëindig, is nou oop vir die publiek.

Deelnemers aan die Amsterdamse Begrafnisfees kon in die mobiele kapsule klim en dit vir ‘n “toetsrit” neem.

Dit is die uitvinding van die 70-jarige aktivis vir genadedood, doktor Philip Nitschke (ook bekend as Australië se Dokter Dood). Gas vul die 3D-gedrukte toestel vinnig om die individu se lewe te beëindig, maar nie voordat die voornemende gebruikers ‘n aanlyntoets geslaag het om aan te toon dat hulle by hulle gesonde verstand is en dit hulle eie keuse is om hulle lewe te beëindig nie. Daarna ontvang hulle ‘n kapsuletoegangskode wat vir 24 uur geldig is.

Gelukkig het die masjien se onthulling nie die volle ervaring gebied nie. In plaas daarvan het feesgangers ʼn virtuele-werklikheidkopstuk opgesit terwyl hulle in die Sarco  is, om te sien of dit ‘n manier kan wees waarop hulle sou verkies om hulle lewe te beëindig.

Die besoekers kon ʼn uitsig oor die Alpe of die see kies as die laaste ding wat hulle sien, voordat hulle die selfmoordknoppie druk en alles in duisternis gehul word.

Die masjien  kan met ‘n 3D-drukker vervaardig word en enige plek aanmekaar gesit word.

Die masjien is deur Nederlandse politici en maatskaplike werkers gekritiseer.

‘n Woordvoerder vir die Nederlandse selfmoordvoorkomingslyn  113 het aan Central European News gesê: “Dit is heeltemal ongewens.”

LP Carla Dik-Faber van die Christelike Unie het gesê: “Ek vind dit bisar en kommerwekkend dat maatskappye masjiene bevorder wat by ʼn fees  gebruik word om selfdood te bemark.”


Bron: thesun.co.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.