-deur Leah Marieann Klett

11 Augustus 2017

’n Pastoor in Myanmar het gedeel hoe hy in die Naam Van Jesus duiwels uit ‘n Boeddhistiese onderhoofman se seun gedryf het waarna die dorpie Christus aangeneem het.

Pastoor Dano het met die dorpie se leier ontmoet en aangebied om die kinders in die dorp gratis te leer. Die leier het ingestem, maar Dano gewaarsku om nie met die kinders oor sy Christelike geloof te praat nie.

Elke dag voordat hy die kinders geleer het, het Dano vroeg opgestaan om te bid terwyl hy deur die dorp gestap het. Boeddhistiese inwoners het spoedig gekla, en Dano is beveel om nie meer te bid nie.

Dit het die pastoor egter nie gestuit om te bid nie. “Ek het  vir die dorp aanhou bid,” het hy gesê. “Ek het net besluit om dit om middernag te doen.” Dano, sy vrou en hulle kinders is voortdurend weens hulle geloof deur die plaaslike inwoners  geteister. Maar hoewel Dano sleg behandel is, het die dorpenaars na hom toe gekom wanneer hulle hulp benodig.

Op ‘n dag het die leier self na Dano gekom en onthul dat sy seun in die woud geen woon het, tussen  die altare wat vir die demone opgerig is. Sy gedrag en gesondheid het agteruitgegaan, en daar is geglo dat hy duiwel besete is. Ten spyte van hulle beste pogings, kon die plaaslike toordokters en geestelike leiers hom nie help nie.

Pastoor Dano het vir drie dae lank gevas en gebid, en toe na die jongman gegaan. Die seun het verskrik weggehardloop toe hy Dano sien. Die pastoor het daardie aand na die altare teruggekeer en die duiwel beveel om die plek te verlaat. Pastoor Dano het ook die seun se altaar afgebrand en die Naam van die Here aangeroep; die duiwel het die jongman dadelik verlaat. Dit was ook nie net die een demoon wat gevlug het nie, dorpenaars het berig dat al die bose geeste die dorp verlaat het.

Sommige dorpelinge het Dano gesmeek om die geeste terug te bring, en die dorpsmediums het offers gebring en met die geeste gepleit om terug te keer. Maar die demone het geweier om terug te keer.

“Die dorpenaars was ongelukkig omdat hulle geeste hulle verlaat het. Hulle het gekla en probeer om my dood te maak,” het Dano verduidelik. Dano het onverstoord voortgegaan om tussen die altare en by heilige plekke te bid.

Die leier en sy familie en vier ander gesinne het Christus as hulle Verlosser aangeneem en hulle bekeer. Stadig maar seker het ander inwoners ook die Here leer ken en Christus aangeneem. Vandag luister die einste dorpenaars wat teen Dano gekant was na hom en lei die pastoor nou ‘n florerende kerk in sy dorp.

Byskrif: AP Foto


Bron: gospelherald.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.