8 Januarie 2019

Die Dooie See krimp teen ’n vinnige tempo en kan in die middel van hierdie eeu heeltemal verdwyn. Wetenskaplikes waarsku dat die watervlak nou met ’n halwe meter per jaar daal, berig ANP.

Droogtes het jare lank al ’n uitwerking op die see. Pogings om die omgewingsramp te stuit, het tot dusver misluk. As gevolg van die bevolkingsaanwas is daar ’n toenemende behoefte aan water in die streek. Daarbenewens laat fabrieke water verdamp om minerale te ontgin.

Die Jordaanrivier, waarin Jesus gedoop is, mond in die Dooie See uit en is nou ook maar net ’n stroom. Die watervlak in die See van Galilea is ook baie laag.

’n Plaaslike ekoloog het dit as rampspoedig bestempel.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.