-deur Cip.nl

26 Mei 2018

“Julle praat oor julle kern-slaankrag, maar ons arsenaal is so groot en sterk dat ek bid ek hoef dit nooit te gebruik nie,” het die Amerikaanse president, Donald Trump, aan Noord-Korea gesê.

Daar is Donderdag aangekondig dat die beplande ontmoeting tussen die Amerikaanse president en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, wat op 12 Junie in Singapoer sou plaasvind, nie meer sal plaasvind nie.

“Ek het uitgesien na die ontmoeting,” skryf pres. Trump in ’n brief aan die Noord-Koreaanse leier. “As gevolg van die vyandigheid in die laaste verklaring wat uitgereik is, blyk dit egter nie of dit die gepaste tyd is vir so ’n ontmoeting nie.”

Noord-Korea het die Amerikaanse vise-president, Mike Pence, Donderdag ’n “politieke uilskuiken” genoem omdat Pence Noord-Korea met Libië vergelyk het en het Amerika gedreig met ’n kernoorlog.

Hoe nader die datum vir die ontmoeting gekom het, het dit duidelik geword dat Amerika en Noord-Korea verskil oor hoe spoedig Noord-Korea sy kernarsenaal moet ontwapen.

Trump het die stand van sake as volg beskryf: “Hierdie verspeelde kans is waarlik ’n droewige oomblik in die geskiedenis.”


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.