-deur Jeannie Law, Christian Post

8 Mei 2018

Walt Disney World in Orlando Florida het amptelik bevestig dat die gewilde toeriste-aantreklikheid  vir gesinne sy jaarlikse Christelike konsert, Night of Joy, na 34 jaar gekanselleer het.

In ‘n verklaring in die Orlando Sentinel het ‘n Disney-woordvoerder bevestig dat die geleentheid nie weer by die Walt Disney World Resort aangebied sal word nie.

“Verlede jaar was die laaste keer,” het die woordvoerder gesê.

Die beëindiging van die Night of Joy is deel van die oord se filosofie  om die aanbiedings voortdurend te verander het die Disney World-woordvoerder gesê.

Die geleentheid wat in 1983 by Magic Kingdom begin het, was ‘n gewilde konsert met kaartjies wat dikwels uitverkoop word. Night of Joy het talle gewilde Christen-kunstenaars aangebied sowel as aktiwiteite vir die hele gesin. Die geleentheid het so groot geword dat dit ‘n expo, ‘n familieaktiwiteitsone en ‘n FanFest ingesluit het.

In die verlede het kunstenaars soos Mandisa, Kirk Franklin, Steven Curtis Chapman, Jars of Clay, Amy Grant, Michael W. Smith en vele ander opgetree.

Ten spyte van die kansellasie van Night of Joy, sal Disney World hierdie herfs steeds Christen-kunstenaars (MercyMe en Tauren Wells) by sy Eat to the Beat-konsert  hê, wat deel uitmaak van die Epcot International Food & Wine Festival.

Byskrif: (FOTO: RANDY PERTIET / FLICKR)


Bron: christianpost.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.