-deur Caroline Craddock / CitizenGO

11 Desember 2017

Die Disney-kanaal het onlangs twee storielyne uitgesaai wat teen die tradisionele gesin gekant is en kykers wêreldwyd geskok het.

Een van die  nuwe programme, Andi Mack, het die eerste gay-storielyn op die Disney-kanaal. In ‘n onlangse episode “besef”  ‘n 13-jarige karakter  hy is gay en “kom uit” teenoor sy vriende wat hom loof omdat hy uitdrukking gee aan sy “ware self”.

Dié storielyn het Kenia reeds gedwing om Andi Mack nie meer uit te saai niue. Ezekial Mutua, uitvoerende hoof van Kenia se rolprentklassifikasieraad, het gesê  hy staan enige poging teen om gay- programmering in te voer.

In nog  ’n program op Disney se XD-kanaal was daar onlangs ’n gay-soen en ‘n manlike prinses. Die Christian Post berig dat die karakter, Marco Diaz, homself onlangs in ‘n episode van Star vs. The Forces of Evil as ’n prinses vermom het. LGBT-vriendelike uitsaaiers  het dit as ‘n dapper stap bestempel. Vroeër vanjaar het dieselfde program ‘n toneel gehad met ’n gay-paar wat soen.

Hierdie onderwerpe is nie geskik vir ‘n televisieprogram wat gerig is op ’n jong kinders en ’n gesinsgehoor nie. Hierdie onderwerpe moet aangeroer word wanneer ouers  meen  dit is gepas en in ooreenstemming met die waardes van die gesin.

Ons ondersteun Disney nie terwyl hulle inhoud uitsaai wat nie geskik is vir gesinne nie. Stem jy saam? Indien wel, teken asseblief hierdie petisie om ‘n brief direk aan Disney te stuur.

Teken hier: http://www.citizengo.org/en/md/129090-disneys-first-gay-storyline-tell-disney-you-are-done

CitizenGO is ‘n gemeenskap van aktiewe burgers wat die heiligheid van lewe, die gesin en fundamentele regte wêreldwyd probeer verdedig. Om meer uit te vind oor CitizenGO, kliek hier of volg ons op Facebook of Twitter


Bron: citizengo.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.