-deur Themba Khumalo

21 Maart 2017

“Die skielike verandering in Suid-Afrika se watersituasie het al die kenmerke van wetenskapfiksie met ‘n tikkie goddelike ingryping,” skryf Themba Khumalo van die departement van water en sanitasie.

Die skielike styging van watervlakke by die Vaal- en Bloemhof-damme vandeesweek is ‘n wonderwerk wat waterwetenskaplikes en hidroloë nie kan verklaar nie. Sommige noem dit ‘n wonderwerk dat die land se watertekort so vinnig kon verander.

Hoe sou ʼn mens andersins kan verduidelik dat daar slegs drie maande gelede geen hoop was dat die land se damme tot kapasiteit gevul sal word tydens die huidige hidrologiese seisoen wat in Mei sal eindig nie?

Die wonderwerk het twee weke gelede begin met Sikloon Dineo wat oor die kusstreke van Inhambane, Xai Xai en die Beira-provinsies in Mosambiek gewoed het. Teen die tyd dat die storm Suid-Afrika bereik het, het dit slegs minimale skade in Mpumalanga en Limpopo veroorsaak.

Ná Dineo het die tropiese front gevlg wat in Gauteng, die Vrystaat, Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en Noordwes broodnodige verligting gebring het.

Die watersituasie in die land het binne vier dae verander! Nou bid ons net vir verligting in die Kaap.

Byskrif: Die Vaaldam is meer as 100% watervlak bereik. Foto: Matthews Baloyi


Bron die Sunday Independent en iol.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.