7 Januarie 2019

Die meeste mense verwag dat stres, kanker of hartsiekte die vernaamste oorsaak van dood is, maar navorsing bewys dat dit iets heeltemal anders is.

Aborsies oortref wêreldwyd alle ander oorsake van dood met meer as 41 miljoen sterftes in 2018, volgens die statistieknavorsing van Worldometers. 

Worldometers volg statistiek oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe gegrond op data van bronne soos die Verenigde Nasies, die Wêreldgesondheidsorganisasie, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en vele meer. Dit word erken en aangehaal deur ’n wye verskeidenheid media-agentskappe en akademiese instellings.

Op 31 Desember was daar ’n hele aantal artikels in die media wat berig het dat Worldometers se statistiek aandui daar het in 2018 wêreldwyd meer as 41 miljoen geïnduseerde aborsies plaasgevind.

Breitbart News Network wys daarop dat Worldometers se data daarop dui dat aborsie dodeliker is as  “kanker, malaria, MIV / VIGS, rook, alkohol en verkeersongelukke almal te same.” 

In 2018 was daar 8,2 miljoen sterftes weens kanker, 5 miljoen weens rookverwante siektes en 1,7 miljoen weens MIV / VIGS.

Volgens Worldometers se statistiek is daar vanaf 2 Januarie wêreldwyd reeds meer as 170 000 aborsies uitgevoer.


Geskryf deur: Calvin Freiburger
Artikel bron: www.lifesitenews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.