-deur Ben Kennedy

12 April 2019

“Om godsdiensvryheid te beskerm en te bevorder, is ’n buitelandse beleidsprioriteit van hierdie administrasie.” – visepresident Mike Pence

Noord-Korea is weer bo aan die lys van die 50 lande waar dit die gevaarlikste is om Jesus Christus te volg. Die 2019 Wêreldwaarnemingslys wat op Woensdag deur Geopende Deure VSA uitgereik is, beklemtoon waar dit van die uiterste belang is om Christene te beskerm.

President Trump het al met baie van die leiers ontmoetings gehad wie se lande op die lys verskyn, waaronder China, Nigerië, Saoedi-Arabië en Noord-Korea. Die Trump-administrasie het godsdiensvryheid ’n prioriteit gemaak.

Die top-10 Lande waar Christene vervolg word

  1. Noord-Korea
  2. Afghanistan
  3. Somalië
  4. Libië
  5. Pakistan
  6. Soedan
  7. Eritrea
  8. Jemen
  9. Iran
  10. Indië

“volgens ons navorsing glo ons dat daar meer as 245 miljoen Christene in gebiede woon waar daar uiterste vlakke van vervolging is, sê David Curry, president en uitvoerende hoof van Geopende Deure VSA.

Curry voeg by dat geweld teen Christene die afgelope jaar dramaties in China toegeneem het.

“China het #41 opgesk8uif tot #27 op die lys,” het hy aan CBN News gesê. “Dit is ’n groot sprong.”

Noord-Korea is vir die 18de jaar, nommer een op die lys, ten spyte van gesprekke tussen president Trump en Kim Jong Un.

“Ek sou graag wou hê dat menseregte ook deel word van die samesprekings oor kernwapens. Daar is tans meer as 60 000 Christene in strafkampe in Noord-Korea. Baie mense weet dit nie.”

Visepresident Mike Pence het bevestig dat die Wit Huis altyd ’n kampvegter sal wees vir gelowiges.

Foto: Skermskoot via CBN News)


Bron: breakingchristiannews.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.