-deur Cip.nl

14 Junie 2018

Andrew White, beter bekend as die voormalige “Vicar of Baghdad,”  is daarvan beskuldig dat hy Jezidi-seksslawe vrygekoop het uit die hande van IS deur ’n som geld aan die terroriste te betaal. Hy is nou vrygespreek van die aanklagte. Dit rapporteer  Christianity Today.

Die polisie het die saak teen White vir ’n jaar ondersoek.  Sy eie  organisasie, Foundation for Reconciliation in the Middle East (FRRME) het in 2014 bewerings gemaak dat White geld aan IS-terroriste sou betaal het.

“Die inligting was nie die waarheid nie en die saak is amptelik afgesluit. Ek is vrygespreek van enige verdere ondersoek,” het White gesê.

White staan wêreldwyd bekend as ’n held wat vreesloos standpunt ingeneem het teen  IS namens Christene wat vervolg is. In 2014 het terroriste duisende vroue en meisies as seksslawe ontvoer en verkoop. ’n Handjievol menseregte-aktiviste het onafhanklik van mekaar probeer om die slawe terug te koop, maar enigiemand wat geld aan terroriste gegee het, sou vervolg word. “Ons het die skurke nooit ’n sent gegee nie,” het White gesê.

Eerw. Andrew White (50) het grootgeword in Bexley, Suidoos-Londen, in ’n gesin wat aan die  Baptiste Kerk behoort het. Nadat hy geneeskunde studeer het, het hy as narkotiseur by die St. Thomas-hospitaal in Londen gewerk. Toe hy 26 was, het God hom geroep om ’n priester in die Anglikaanse Kerk te wees. Hy bedank en teologie aan  Cambridge studeer (en ook in Jerusalem), waarna hy ’n priester geword het.

Sy stigting, Foundation for Reconciliation in the Middle East,  is verbind tot vrede en versoening in die Midde-Ooste.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.