Deur Joseph Hartropp

3 November 2017

Moderne Britte [en Suid-Afrikaners] laat hulle  kreatiwiteit doodgaan, volgens ‘n onlangse  navorsingstudie. Ons is gewoond daaraan om passief in te neem, eerder as om aktief te skep – en dit is ‘n probleem wat ook die kerk beïnvloed.

Die meeste Britte (63 persent) verwaarloos hul kreatiewe talente en een uit vyf volwassenes ouer as 30 het hulle belangstelling in kreatiwteit verloor, volgens ‘n studie deur BIC. Die oorsaak? Konstante internetkonneksie, met ‘n oorvloed toestelle en interaksie op sosiale media, wat dit baie makliker maak om in te skakel of aan te skakel, as om ‘n pen en papier op te tel.

Om iets te verbruik is baie makliker as om kreatief te wees – dit geld ook in die kerk en dit is ‘n ernstige probleem.

As student het ek ’n klub gelei wat Christene aangemoedig het om hulle kreatiewe gawes te gebruik vir evangelisasie. Jy kon toe honderde lede kry wat sou aansluit, maar kan jy nou selfs net die helfte soveel  lede werf wat hulle kreatiwiteit wil gebruik om God te aanbid? Ongelukkig nie. Hoe het ons hier beland?

Die vooruitgang van moderne tegnologie het die mensdom op talle bevoordeel. Dit het ons horisonne dramaties uitgebrei   ̶  maar ook laat krimp omdat ons dikwels passiewe ontvangers is en nie meer aktiewe skeppers is nie. Die internet bied ‘n see van aanloklike inhoud om te geniet, maar al die vermaak kan ons verbeeldingskrag belemmer.

Hoekom is Christelike kreatiwiteit so belangrik?

‘n Verwaarlosing van kreatiwiteit in die kerk sou die skrywers van die Bybelboeke geskok het, Die Bybel drup van die eerste bladsy af met kreatiwiteit   ̶  in Genesis ontmoet ons die God wat skep, wat lig uit die duisternis, orde uit chaos en ‘n heelal skep waar daar nie een was nie.

Ons is na die beeld van God geskape (Genesis 1:27), maar dit is ironies dat skeppende  “kunsvakke” nou so dikwels as nutteloos beskou word. Sonder kuns en kreatiwiteit sou ons so min hê om te  geniet.

As ’n liedjie jou al ooit laat huil het, as ‘n grap al jou ooit laat lag het, as ‘n fliek jou ooit ontroer het of woorde  jou van die wonder van die wêreld bewus gemaak het – dan is jy bewus van kreatiwiteit se waarde. Niemand wil ‘n wêreld sonder hierdie dinge hê nie, maar stel ons daarin belang om kreatiwiteit te behou?

Skrywers soos CS Lewis het getoon hoe kunswerke ‘n vorm van apologetiek of evangelisasie kan wees. Kreatiwiteit bied die ‘n mens ‘n diepgaande, noodsaaklike manier om met God, mekaar en jouself in kontak te kom. Die kerk moet dit koester en  die res van die wêreld wys wat ’n gawe dit kan wees.


Bron: christiantoday.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.