-deur Prophecy News

1 Junie 2018

Die Kerk van Engeland het ’n diversiteitsveldtog van stapel gestuur wat spesifiek homoseksuele, lesbiese en transseksuele mense aanmoedig om “rolle van leierskap en diens in die plaaslike kerk op te neem”.

Hierdie stap word deur die LGBT-gemeenskap  geprys en baie sterk gekritiseer  deur konserwatiewes. Daar was ’n tyd toe so iets in die Kerk van Engeland ondenkbaar  sou wees , maar vandag word daar skaars aandag gegee aan hierdie nuus.

Die Kerk van Engeland het oor die afgelope paar jaar baie hard gewerk om die LGBT-gemeenskap te verwelkom, en dit het skeurings  binne die denominasie geskep. Ander groot Christelike denominasies voer ’n  soortgelyke stryd en ons mag uiteindelik die grootste verskuiwing in Protestantse denke sien sedert die dae van die Hervorming.

Vir die Kerk van Engeland is die debat in wese verby. Biskoppe het besluit dat hulle graag gay-, lesbiese en transgendermense wil aanmoedig om rolle van leierskap te aanvaar .


Bron: prophecynewswatch.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.