12 Februarie 2019

Onlangse meningsopnames wys dat die helfte van evangeliese milleniërs glo dit is verkeerd om die Evangelie met ander te deel.

’n Evangeliese Christen is iemand wat die evangel of die Goeie Nuus aan ander wil verkondig. Die term kom van die Griekse woord εὐαγγέλιον – Goeie Nuus. Die term is gebruik om die Lutherane te beskryf wat volgens hulle teenstanders te veel oor die Evangelie gepraat het.

George Barna se nuwe verslag,  Reviving Evangelism, het verskillende demografiese groepe se reaksie op evangelisasie ondersoek. Die navorsing het daarop gedui dat bykans die helfte van die milleniërs wat hulleself as evangeliese Christene bestempel het, glo dat dit verkeerd is om die Evangelie te verkondig.

Bykans die helfte van die Millenniërs – 47% – glo dit is verkeerd om jou persoonlike geloof met iemand van ’n ander geloof te deel met die oogmerk om hulle te bekeer.

Dit stem ooreen met vorige meningsopnames van Barna dat drie uit elke vyf Millenniërs glo dat mense vandag meer geneig is om aanstoot te neem as jy jou geloof met hulle deel. Die samelewing is meer sensitief hieroor en die Evangelie word vir elke opeenvolgende geslag al hoe meer problematies.

“Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom.” – Lukas 9:26.


Bron: pulpitandpen.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.