13 Februarie 2018
– deur Errol Naidoo

Die ANC sowel as die DA is in ‘n leierskapskrisis. Pres. Jacob Zuma het 48 uur om te bedank en die Kaap se uitvoerende burgemeester, Patricia De Lille, staar ‘n mosie van wantroue in die gesig.

Die ANC vind dit al hoe moeiliker om pres Zuma uit die stoel te lig. Mnr. Zuma veg hand en tand om in die amp aan te bly en kriminele vervolging te vermy.

Opposisiepartye in die parlement het ‘n negende mosie van wantroue teen Zuma geëis. 

Die media blameer Zuma vir die verbysterende korrupsie, wanadministrasie en diefstal wat Suid-Afrika op die randjie van ekonomiese ineenstorting gebring het. Maar, ten spyte van mnr. Zuma se kriminele optrede het die ANC hom beskerm, verdedig en bemagtig. In werklikheid sou mnr. Zuma se korrupte presidentskap nooit moontlik gewees het sonder die samewerking van die regerende party nie. Talle ANC-amptenare het ook ʼn rol gespeel in die wanbestuur van Suid-Afrika.

Staatsbeheerde ondernemings soos Eskom, SAA, PRASA en die SAUK is almal wanbestuur deur mense wat deur die ANC aangestel is. ANC-kabinetsministers het hierdie einste mense beskerm.

Zuma en ander ANC-beamptes het herhaaldelik gesê: “Die ANC sal regeer tot Jesus se wederkoms.” Die Bybelse reaksie op hulle verwaandheid staan in Galasiërs 6:7, “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.”

Dit blyk dat die Wes-Kaap onder leiding van die DA en dat die Stad Kaapstad sy bes doen om die waterkrisis in die streek te vererger deur die oordeel van God op die hals te haal.

Te midde van die ergste droogte in 80 jaar en terwyl die Kerk die stad tot bekering en gebed roep, neem die DA deel aan en verleen geldelike steun aan ʼn “pride parade” in Kaapstad.

DA-lede word aangemoedig om by die pro-homoseksuele “pride parade” aan te sluit op 3 Maart met amptelike “DA LGBTI-t-hemde.” Hoe die DA sy regeringsmandaat van die stad versoen met sy openlike ondersteuning en bevordering van ‘n sondige lewenstyl, is nog nie voldoende verduidelik nie. 

Die amptelike opposisie het ‘n doelbewuste besluit geneem om die hoërisiko-lewenstyl van ‘n klein minderheid te bevorder in direkte konflik met die diepgaande Bybelse oortuigings van Christen-burgers.  Die Bybel se waarskuwings is duidelik in Jesaja 3:8-9: “Jerusalem het gewankel, Juda het in duie gestort omdat hulle hulle met woord en daad teen die Here en teen sy gesag verset het. Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle. Hulle sondig openlik soos Sodom, hulle steek niks weg nie. Ellende wag vir hulle, hulle het die ramp verdien!”

Die ANC en in mindere mate, die DA, maai die bitter oes van hulle verwaandheid en verwerping van God se morele wette. Die Liggaam van Christus sal daarby baat om kennis te neem van hierdie dwaasheid.

Die goeie nuus is; God sal die goddelose oordeel, maar na Sy kinders omsien. Jesaja 3:10 sê: “Sê vir die regverdiges met húlle sal dit goed gaan; hulle sal die vrug van hulle dade geniet.”

Hou aan bid, hou aan glo en hou aan om die saad van geregtigheid te saai. God is getrou.


Article source: familypolicyinstitute.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.