-deur CBN News

8 September 2017

Die son het vroeër vandeesweek die sterkste sonvlam sedert ʼn dekade gelede ontketen, wat ’n kortgolfversteuring veroorsaak het wat vir langer as ’n uur geduur het oor dele van Asië, Afrika en Europa, aan die sonverligte kant van die aarde. [Soortgelyke gepaargaande versteuring van die magnetiese veld kon volgens kundiges moontlik ook gelei het tot die strandings van 29 walvisse op strande van die Noordseekuslyn in Februarie 2016 (www.bbc.com/news/science-environment-41110082)]

Die son het drie reusevlamme binne drie uur uitgestuur, waarvan die tweede as ‘n X9.3 gegradeer is. Dit was die sterkste sedert 2005.

Die X-klas is die hoogste kategorie van sonvlamme. ‘n X2 is twee keer so sterk soos ‘n X1, ‘n X3 is drie keer so sterk, ens. ‘n X20-vlam is in April 2001 aangeteken.

So ’n sonvlam-superstorm kan die wêreld se elektriese netwerk ontwrig. Tog het die moderne era nog nie werklik ʼn kragtige sonstorm gesien nie, een wat, soos CBN News se Mark Martin berig het, werklik die aarde kan verwoes.


Kyk hier na die video:

Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.