6 Maart 2018

Limpopo se “Doom”-profeet, Lethebo Rabalago (25), wat tydens preke insekdoder op sy gemeentelede gespuit het, is in Februarie tot vier jaar tronkstraf of ‘n boete van R36 000 opgelê.

Volgens ‘n berig op Sowetanlive.co.za het landdros Frans Mahodi egter die helfte van die aanrandingsboete (R30 000) opgeskort en Rabalago beveel om R15 000 te betaal.

Die hofbevel en skuldigbevinding staaf Freedom of Religion South Africa (FOR SA) se argument dat daar genoeg wette en regulasies is om onreëlmatighede en kriminele aktiwiteite in die godsdienssektor mee te hanteer. Dit is nie nodig vir die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe (KGT-kommissie) om godsdiensgemeenskappe en –leiers in Suid-Afrika te reguleer nie.

Die pastoor het geweier om kommentaar te lewer, maar gemeentelede van die Zion General Assembly wat buite die Mookgophong-landdroshof byeengekom het, het die vonnis verwelkom.

Byskrif: Foto: Lethebo Rabalago. / Antonio Muchave


Bron: sowetanlive.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.