-deur Dick van den Bos

12 Maart 2019

Justin Bieber Sondag erken dat hy die afgelope tyd deur ’n stryd gaan en het sy aanhangers gevra om vir hom te bid. Ongeveer ’n maand gelede het hy behandeling ontvang vir sy depressie, berig Fox.

Bieber het Sondag hierdie persoonlike boodskap op sosiale media geplaas en gesê hy hoop sy verhaal sal onder sy volgelinge aanklank vind.

“Ek wil julle op hoogte hou en erken dat ek tans baie worstel.” Hy het ’n foto van homself saam met sy bestuurder, Scooter Braun, en die sanger, Kanye West, geplaas.

Hy vra dat sy aanhangers vir hom moet bid. “Ek breek altyd deur, dus bekommer ek my nie te veel nie. Ek wil net uitreik na julle en vra om vir my te bid.”

Die sanger is al voorheen ook vir depressie behandel. Bieber het dit toegeskryf aan die druk van roem op so ’n jong ouderdom. Hy sê dat die huidige depressie nie verband hou met sy vrou, Haily Baldwin, met wie hy in September in die geheim getroud is nie.

Bieber het goeie hulp en ondersteuning en hy ontvang behandeling,” sê die bron.

Bieber het tydens ’n onderhoud met Vogue gesê hy het in die verlede met dwelm- en seksverslawing gesukkel.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.