8 Februarie 2018
– deur INcontext Ministries

Kenia, Oos-Afrika se voorste ekonomie, staan ​​voor ʼn demokrasie-krisis. Dit is slegs maande nadat hulle geprys is as “’n uitmuntende voorbeeld van ʼn goeie demokrasie”, toe die hooggeregshof die presidensiële verkiesing ongeldig verklaar het en die wenner, president Uhuru Kenyatta, ingestem het om die uitspraak te eerbiedig. Hierdie saak is as ʼn kragtige vertoon van geregtelike onafhanklikheid en as ʼn oorwinning vir die oppergesag van die reg beskou. 

Maar die hoof-opposisieleier, Raila Odinga, het in Oktober uit die tweede ronde onttrek, omdat hy beweer het dat die verkiesingsproses nie voldoende hervorm is nie. Verlede week het hy so ver gegaan om as “die mense se president” “ingewy” te word in die hart van die hoofstad, Nairobi. Die regering het Odinga se optrede as verraderlik verklaar en ʼn verbod op vier groot TV-kanale geplaas om nie die geleentheid uit te saai nie.

Mnr. Kenyatta het sedertdien ʼn hofbevel verontagsaam wat die kanale sou toelaat om hul uitsendings te hervat. Die verbod op hierdie televisiekanale word beskou as die mees dramatiese konflik tussen die regering en die pers in die geskiedenis van Kenia se jong demokrasie.

Daar bestaan diep kommer in die nasie dat die twee leiers se gebrek aan bereidwilligheid tot dialoog tot ʼn etniese burgeroorlog kan lei. Ontleders sê dat die komende dae van kritieke belang kan wees om te bepaal watter roete die land sal neem. 

Bid asseblief saam met ons vir Kenia.

“Intensiteit is een van die wette van gebed. God word gevind deur diegene wat Hom met hulle hele hart soek. Worstelende gebed seëvier. Die vurige effektiewe gebed van die regverdiges het groot krag.” (Samuel Chadwick)


Bron: www.incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.