12 Januarie 2019

DC Comics het ’n nuwe superheld en sy naam is Jesus. DC Vertigo maak Christus ’n ster in ’n komende strokiesreeks genaamd, Second Coming, waarin Jesus terugkeer na die aarde om die Evangelie te kom “regstel”. Die reeks, geskryf deur Mark Russell en geïllustreer deur Richard Pace, sal sy debuut in Maart maak.

Second Coming is egter eerder godslasterlik as Christelik. In plaas van ’n Bybelse weergawe van Christus se wederkoms, beeld dit Jesus as ’n mislukking uit wat God teleurgestel het deur gekruisig te word toe Hy die eerste keer op die aarde was. Hy word teruggestuur om by die superheld, “Sun-Man” te leer hoe om ’n ware Messias te wees. 

Jesus is ook nie alwetend in hierdie reeks nie en het geen idee wat op die aarde gebeur het sedert Hy opgevaar het na die Hemel nie.

Wanneer Jesus terugkeer, is Hy geskok oor hoe verkeerd Christene die Evangelie verkeerd vertolk het, verduidelik Russell.

Die reeks beeld uit hoe Jesus “die Evangelie regstel” deur Christene te leer wie Hy werklik is – ’n identiteit wat Russell nooit werklik in die onderhoud volledig verduidelik nie. 

Dit laat ’n mens wonder waarom daar met so iets lasterlik oor Christus weggekom kan word, want niemand sou so iets oor die Moslem-geloof of Mohammed durf produseer nie . . .


Deur Emily Jones
Bron: www1.cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.