-deur Adam Eliyahu Berkowitz | BreakingIsraelNews.com

31 Oktober 2017

(Madagaskar) – Die huidige epidemie van builepes in Madagaskar dreig om buite die landsgrense te versprei en ‘n vreemde plaaslike ritueel om met die bene van dooies te dans dra moontlik by tot die verspreiding van die siekte.

Builepes (bubonic plague) is endemies tot Madagaskar, maar vanjaar het die jaarlikse uitbraak van die siekte in ʼn epidemie ontaard wat gesondheidsorganisasies laat skarrel om ‘n wêreldwye pandemie te voorkom. Gewoonlik word daar jaarliks ʼn gemiddeld van 400 gevalle builepes in Madagaskar gediagnoseer, maar vanjaar is uitsonderlik, met 124 sterftes sedert die uitbraak in Augustus en nog 1 200 gevalle wat gediagnoseer is.

Die epidemie is vererger deur ‘n ritueel wat die Malgasse onwillig is om te laat vaar: die Dans met die Dooies.

Volgens die plaaslike inwoners betree ‘n dooie persoon eers die volgende wêreld nadat sy liggaam heeltemal ontbind het, tot dan moet hy soms met familie en vriende kommunikeer. Hiervolgens het die mense van Madagaskar ‘n tradisie om in die begraafplase bymekaar te kom om die bene van hul familie op te grawe, die oorskot in feestelike doeke toe te draai en met die bene te dans op maat van die feestelike musiek.

Die ritueel staan bekend as famadihana, of Dans met die Dooies. Die matte waarop die dooies gedra word, word huis toe geneem en onder ‘n bed gebêre omdat dit veronderstel is om geluk te bring. Die builepes-epidemie het sulke  kontak met die dooies ‘n gevaarlike saak gemaak, want die bakterie kan steeds oorgedra word en diegene besmet wat die oorskot hanteer.

Christus en Christenskap bring lewe in oorvloed, die duiwel kom met misleiding om te roof, steel en dood te maak. Bid vir Christelike bedienings in die land wat die Evangelie van hoop na die bevolking van Madagaskar bring. Bid veral vir hulle veiligheid en beskerming teen siekte.


Bron: breakingisraelnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.