-deur Gillian Fraser

16 Februarie 2018

Die Wes-Kaap gaan gebuk onder een van die ergste droogtes. Vlak-6B waterbeperkings geld, wat beteken dat inwoners slegs 50 liter water per dag mag gebruik. Dit is ‘n nasionale krisis. Die mens het die inwoners van Kaapstad gefaal, hulle enigste hoop is om na die Here te draai.

Op Dinsdagmiddag het daar reën in die Kaap geval. Die inwoners was oorstelp en dankbaar vir elke druppel. Een motorbestuurder het sy motor gestop om uit te klim en in dankbaarheid te bid. Die volgende boodskap is deur ʼn ooggetuie op Facebook gedeel:
“Die foto is so treffend om soveel redes! Dit is ‘n foto van ‘n man in spitsverkeer. Die verkeer het teen ʼn slakkepas aanbeweeg, toe ek skielik die man aan die kant van die snelweg sien aftrek en uit sy motor klim. Ek het dadelik gedink sy motor het oorverhit of het gaan staan. Tot my absolute verbasing het hy uitgeklim, op die brug gaan staan en begin bid. Hy het so hard en so luid gebid met die grootste dankbaarste glimlag op sy gesig. Hy het nie omgegee waarheen hy op pad was nie, hy het nie omgegee wat mense gaan dink nie. Hy was op daardie oomblik so dankbaar vir die reën wat oor Kaapstad uitgestort is! Neem ʼn paar minute om werklikwaar hierdie foto te waardeer en wees dankbaar vir water, want daarsonder kan ons doodeenvoudig nie oorleef nie! SPAAR ELKE LAASTE DRUPPEL!


Bron: www.facebook.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.