-deur Caitlin Burke | CBN News

1 November 2017

Daniel Kolenda is die hoof uitvoerende beampte van Christ for All Nations (CfAN), ‘n bediening wat deur evangelis Reinhard Bonnke, begin is. CfAN is bekend vir  reusagtige evangelisasie veldtogte in sommige van die gevaarlikste, moeilike en afgeleë plekke in die wêreld.

Kolenda het onlangs ‘n getuienis op Facebook gedeel van ‘n vrou in Kameroen wat nie meer kon bekostig om vir haar gestremde seun te sorg nie. “Ek moes hom oral dra waarheen ons gegaan het en hoe ouer hy geword het, hoe swaarder was hy vir my om te dra,” het die ma gesê.

 

“Dit was byna onmoontlik om die hele dag lank te werk, met hom op my rug. Dit was nog moeiliker as ek iets soos wasgoed moes dra. Ek kon dit net nie meer verduur nie.” Sy het eendag voor haar bure vir haar seun gesê hy moet begin loop of sterf, want sy kan nie meer nie …

Die volgende dag het haar buurvrou haar van ’n  uitreikaksie vertel wat in die dorp gehou word. Sy het haar seun opgetel en by die skare aangesluit om Daniel Kolenda te hoor praat. Kolenda het  oor die skare geprofeteer dat  hulle knieë en ruê in Jesus se Naam versterk sal word

Tydens die gebed het die ma besef sy voel nie meer haar seun wat altyd aan haar been vasgehou het nie. Toe sy afkyk, sien sy dat hy self regop staan. “Ek het ‘n paar tree teruggestaan en hom na my toe laat loop, ek was geskok. Ons het jare lank gely en nou is hy skielik genees,” het sy gesê.

Sy het die wonderwerk van die verhoog af met almal gedeel. Weer het die kind geloop. Daniel Kolende het gebid en die Here gedank vir die genesing van sy “vriendjie”.

CfAN keer in die eerste week van November terug na Afrika  vir Reinhard Bonnke se finale evangelisasieveldtog. Kolenda is aangewys as die opvolger van die wêreldbekende evangelis.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.