7 November 2017
– deur Jericho Walls

Op 8 November word Christene oor die hele Suid-Afrika gevra om tussen 18:00 en 20:00 in kerke of groepe byeen te kom en te bid oor die geweld en misdaad, asook die voortslepende droogte.

Dit is ‘n oproep wat deur die NG Kerk uitgereik is en versoek dat Christene van alle denominasies voortgaan om na God uit te roep vir Sy ingryping in Suid-Afrika aangaande hierdie kwessies. 

“Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag?” – Lukas 18:7

Daar is ‘n duidelike toename in gebed in ons land. Jesus en Paulus het groot klem gelê op volhardende gebed. 

Gebedsversoeke:
Gebed oor die misdaad, geweld en korrupsie in Suid-Afrika
Gebed teen huishoudelike geweld
Gebed teen moorde en plaasmoorde in Suid-Afrika
Bid vir die einde van die droogte


Bron: jwipn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.