14 Oktober 2018

“Ons staar ’n moontlike burgeroorlog in die gesig as God nie ingryp nie, daarom beplan soveel mense om It’s Time Pretoria by te woon,” het Angus Buchan onlangs gesê. “Die goeie nuus is dat ons weet God gaan ingryp omdat Sy kinders op 27 Oktober by die Rhino Park-vliegveld bymekaar gaan kom, soos in Bloemfontein, en ons gaan weer saam bid.”

It’s Time Pretoria is net om die draai en Buchan het alle Christene in Suid-Afrika aangespoor om die gebedsbyeenkoms by te woon en dit ’n prioriteit te maak. “Dit sal beter wees vir paartjies wie se troudatum op daardie dag val, om dit voor of ná die tyd te hou, want is die punt om te trou en in ’n land te woon waar daar geen toekoms is nie? Maar daar sal ’n toekoms wees as ons saamkom om te bid.”

Die doel van die gebedsbyeenkoms is om genesing na die land te bring, veral met die oog op die verkiesing wat in 2019 gehou sal word.

“Ons wil vrede hê. Daarom doen ons ’n beroep op die Prins van Vrede om vir ons te onderneem,” het Buchan gesê.

Vir meer inligting oor It’s Time Pretoria en kampering en parkering, besoek www.angusbuchan.co.za

Besoek ook die Angus Buchan Facebook-bladsy vir inligting en nuus.


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.