-deur Menachem Posner

18 Februarie 2018

Agtentwintig jaar gelede het Cyril Ramaphosa buite Kaapstad se stadsaal gestaan, waar hy ‘n mikrofoon vir Nelson Mandela vasgehou het wat pas uit die tronk vrygelaat is.

Vandeesweek het Ramaphosa op die dieselfde plek gestaan om die honderdste verjaardag van sy mentor, Mandela, se geboorte te vier. Dit is ook hier waar hy die seën van Chabad-Lubavitch Rabbi Asher Deren, die voorsitter van die Rabbiniese Vereniging van die Wes-Kaap, ontvang het voordat hy die presidentskap van die nasie oorneem.

As ‘n Kohen (’n priesterlike afstammeling van Aäron, die broer van Moses) het Deren die Bybelse priesterlike seën oor Ramaphosa, die ANC se leier en die man wat toe nog net die land se toekomstige president was, uitgespreek. “Toe ek my hande ophef om hom te seën, het hy baie nederig vorentoe gebuig en dit het gelyk of hy geroer is deur die gebaar,” het Deren aan Chabad.org gesê.

“Ons sien uit na ‘n nuwe era van samewerking, deursigtigheid, veiligheid en voorspoed vir alle Suid-Afrikaners.”

Byskrif: President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika ontvang ‘n seën van Rabbi Asher Deren, voorsitter van die Rabbiniese Vereniging van die Wes-Kaap.


Bron: www.chabad.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.