-deur Geopende Deure

10 November 2017

Die Comore se grondwet verklaar dat (Soennitiese) Islam die staatsgodsdiens is, maar ook dat almal die reg het tot sy/haar eie godsdiens en dat hul aanbidding gerespekteer moet word. In die samelewing is daar ʼn toenemende element van radikale Islam op die eilande, ten spyte van ʼn positiewe bevordering van demokratiese beginsels.

Sommige wetlike bepalings vir godsdiensvryheid bestaan, maar dit is meer op buitelanders gerig as op plaaslike Christene. Dit is onwettig om iemand vir enige ander geloof, behalwe Islam,  te werf. Bekeerlinge kan volgens die wet vervolg word, en gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond staar ernstige diskriminasie deur die Moslem-meerderheid in die gesig. Radikale geleerdes, plaaslik bekend as “Djaulas”, van wie baie oorspronklik uit Pakistan kom, is besig om op strenger sjaria-reëls in die land aan te dring.

Volledige oorsig* Skenk Nou Laai Gebedsskyfies af

*Slegs in Engels beskikbaar

Jy kan Sagaria 2:5 bid:

“En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, ʼn vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.”


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.