-deur Steve Warren

5 Julie 2108

Die akteur Chuck Norris, wat altyd openlik is oor sy konserwatisme, het ’n skerp rubriek geskryf wat  teen Demokrate gerig is en op WND.com gepubliseer is.

Norris, ’n inwoner van Ryan, Oklahoma, het pres. Donald Trump tydens sy veldtog vir die presidensie in 2016 ondersteun.

In sy rubriek skryf die rolprent- en televisieakteur dat verlede Woensdag een van die ergste dae vir die Demokratiese Party moes wees sedert Trump se verkiesing. Daar is aangekondig dat die Hooggeregshof  se Anthony Kennedy gaan aftree.

“Liberale leiers is in sak en as om dat nog ’n konserwatiewe regter by die hooggeregshof aangestel kan word. Apokaliptiese vrees en pandemonium het van die hoofstroommedia tot die “blogosfeer” losgebars,” skryf hy.

“Baie ander Demokrate het gekla dat dit onregverdig is dat die president in die eerste 16 maande van sy termyn twee hoofregters kan aanstel,” het Norris voortgegaan. “Wag ’n bietjie. Wat is fout hiermee? Onthou niemand die voormalige presidensies van Clinton en Obama nie?”

Norris herinner die leser daaraan dat beide Clinton en Obama elkeen twee hooggeregshofregters aangestel het tydens hul eerste twee jaar in die amp. Clinton het regters Ruth Bader Ginsburg en Stephen Breyer aangestel en Obama regters Sonia Sotomayor en Elena Kagan.

Hy sê ook die Republikeine en onafhanklike wetgewers het destyds gedoen wat die Amerikaanse grondwet aan hulle voorgeskryf het hulle moet doen. Die president het die eer, plig en die reg om sy keuses vir die hoogste hof in die land te nomineer.

“En tog is Demokrate nou heelhartig daartoe verbind om president Trump se keuse te stuit, ongeag wie dit is en wat die koste is?” skryf die akteur. “Dit wil voorkom of die enigste ding wat Demokrate sal tevrede stel, is as hulle kan aanstel wie hulle wil of daar nou ’n Demokratiese of Republikeinse president in die Wit Huis is.”

Norris haal sy vriend, voormalige goewerneur van Arkansas, mnr. Mike Huckabee, aan wat aan Fox News gesê het: “As hy Moses voorgestel het as ’n hooggeregshofregter – die vernaamste wetgewer, die Tien Gebooie – sou hulle dit nog steeds teengestaan het.”

Norris maak ook ‘n beroep op sy medeburgers. “Ons moet vir president Trump bid en vir die hele proses,” skryf Norris. “Ons het waarlik vandag ’n Moses nodig, want soos die argitek van die hoofstad sy dade beskryf het, hy “het ’n dwalende volk weer in ’n nasie verander.”


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.