deur Christian Ellis

8 Januarie 2019

In ’n onkonvensionele toespraak by vanjaar se Golden Globes het die akteur, Christian Bale, satan bedank vir sy hulp om die rol as die voormalige vise-president, Dick Cheney, te vertolk.

“Alle dank aan satan wat die inspirasie was vir die vertolking van die rol,” het Bale gesê, wat bekroon is as die beste akteur in ’n komedie vir sy rol in die rolprent, Vice.

In antwoord op Bale se toespraak het die Kerk van Satan getwiet: “Vir ons is satan ’n simbool van trots, vryheid en individualisme en dien as ’n eksterne metaforiese weerspieëling van ons hoogste persoonlike potensiaal. Dit is gepas dat mnr. Bale die prys ontvang het omdat sy eie talent en vaardigheid dit vir hom verower het. Loof Christian! Loof satan! ”

Die 44-jarige het groot lof ontvang vir sy uitbeelding van Cheney, met nominasies van die Screen Actor Guild Awards en Critics’ Choice Awards.

Hy het in 2010 ’n Oscar en Golden Globes-prys ontvang as ondersteunende akteur vir sy rol in The Fighter.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.