8 Februarie 2019

Christene in Noord-Sirië lewe in vrees sedert president Donald Trump aangekondig het dat hy die Amerikaanse troepe uit Sirië wil onttrek. Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, dreig om die noordooste van Sirië in te val. Daar woon talle Christen-minderhede in hierdie streek, skryf CBN News.

“Die gevolg van die Amerikaanse onttrekking is dat die Turke ons nou nog meer bedreig,” het die bevelvoerder, Ahmed Mousa, namens die Siriese Demokratiese Gewapende Magte gesê. Dit is ’n militêre koalisie wat aktief is in die Siriese burgeroorlog en militêre steun van Amerika ontvang.

Erdogan wil die Turks-Siriese grens beheer deur ’n veiligheidsone te skep. Christene vrees dat dit gepaard sal gaan met militêre optrede.

Erdogan beskou die Koerdiese bondgenote van die Amerikaners as terroriste. Wanneer die Amerikaners onttrek, sal die Turkse president sy kans waarneem om die gebied binne te val. Die noordooste van Sirië is egter nie net die tuiste van die Koerde nie, maar ook van Christene, Yezidi’s en ander minderhede.

Vroeër vanjaar het Christelike politieke en militêre organisasies in Sirië alarm gemaak. “Ons het dringend beskerming nodig teen die bedreiging van Turkye wat ons gebied wil binneval en ‘suiwer’ van die Christendom, godsdiensvryheid en demokrasie.”

Volgens hulle was die Turkse aanval op Afrin in 2018 slegs ’n voorsmaak van wat die Siriese Christene te wagte kan wees wanneer die Westerse troepe onttrek.

Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.