-deur Dirk van Genderen

17 April 2018

Teenstand vanuit Moslem-geledere lei daartoe dat toenemende getalle Christene Bethlehem verlaat sê dr. Efraim Herrera, ’n kundige in Islamitiese studies.

Voorheen was die Christene in die meerderheid. “Voordat die Palestynse Owerheid beheer oor hierdie gebiede verkry het, was 85 persent van die bevolking in Bethlehem Christene, nou is dit  minder as 10 persent omdat die Palestyne die uitlewing van die Christelike geloofbeperk,” verduidelik hy.

Hy verwys ook na Beit Jala, naby Bethlehem waar baie Christene gewoon het. “Ek het altyd daar olie en eiers by Christene gekoop, ons het in vrede saam gewoon, maar nou kan ek nie meer daarheen gaan nie, want die Palestyne in Beit Jala sal my sekerlik doodmaak, net omdat ek ’n Jood is. En die Christene ervaar ook al hoe meer vyandigheid van die Palestynse Moslems. ”

Volgens Efraim Herrera beskuldig die Palestynse Owerheid Israel van die wreedhede wat hy self doen. “Saeb Erekat van die Palestynse party Fatah beweer dat Israel Christene onderdruk, maar Israel is die enigste land in die Midde-Ooste waar Christene in vrede kan lewe.”

Hierdie berig het via Arutz-7 in Dirk van Genderen se nuusbrief verskyn.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.