-deur Gillian Fraser | Joy News

10 April 2018

Moslems maak amptelik slegs 2,6% van die Suid-Afrikaanse bevolking uit, maar dit word toenemend meer algemeen om halaal-verpakking op algemene kosse in supermarkte regoor Suid-Afrika aan te tref. Hierdie halaal-handelsmerk voeg bykomende koste vir die verbruiker by, en die inkomste gaan direk na die ondersteuning van Islamitiese gemeenskappe.

Christene het kragte saamgesnoer om steun te werf teen hierdie halaal-verpakking aangesien ons gedwing word om ‘n godsdiens te ondersteun wat ons s’n aktief teenstaan.

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (KGT) is oorval met boodskappe van Christene oor die hele land wat hierdie benadering van supermarkte in Suid-Afrika sterk teenstaan, en beweer dat dit hulle reg op vryheid van keuse skend. Klagtes sluit ook in dat kopers gedwing en gemanipuleer word om  Islam te ondersteun en te befonds sonder dat hulle daarvan bewus is.

Nuus24 het berig dat sommige klaers aangevoer het dat die koop van halaal-gesertifiseerde voedsel Christene indirek dwing om aan die sharia-wet gehoor te gee en te betaal vir die vervolging van ander Christene in Moslem-lande, om die bou van moskees te finansier, en selfs finansieel by te dra tot terroristegroepe, soos die Islamitiese Staat en Hamas.

Die klagtes word ondersoek deur die KGT se prokureurs ondersoek.

Statistiek SA se syfers van 2016 toon dat Suid-Afrika 892 685 Moslems; 43,4 miljoen Christene; 5,9 miljoen mense sonder enige godsdiensaffiliasie of geloof; 2,4 miljoen wat tradisionele Afrika-godsdiens aanhang; 561 268 Hindoes; 52 598 ateïste; 49 470 Jode en 32 944 agnostici het. Dit beteken dat Moslems slegs 2,6% van die bevolking uitmaak.

Die halaal-bedryf word geraam op R45 miljard, en daar word geskat dat tot 90% van alle voedselprodukte in die land halaal- gesertifiseer is.

Tans is 2% tot 3% van die Suid-Afrikaanse bevolking Moslem, terwyl die meerderheid Suid-Afrikaners hulself met die Christelike geloof assosieer, maar verbruikers word gedwing om Islamitiese produkte te koop. Ons beskou dit as ‘n onregverdige praktyk . . . ” – ‘n Beswaarmaker uit die Oos-Kaap.

Die Wet op Verbruikersbeskerming is veronderstel om verbruikers teen diskriminerende bemarking beskerm.

Iemand anders van Riversdale het geskryf: “Hulle gee ons nie ‘n keuse nie. As Christen-gelowige word ek gedwing om produkte te koop van ‘n kultuurgroep wat slegs 2,6% van ons bevolking uitmaak. Ek moet dus ‘n stelsel finansier wat ek nie ondersteun nie; ek weet ook nie waarvoor die geld aangewend word nie.”

ʼn Beswaarmaker van Laudium, Pretoria, het geskryf: “My reg om kruideniersware te koop volgens my eie godsdiensoortuigings is geskend. Die meeste kosse wat op die rakke beskikbaar is, is halaal-gesertifiseer … Ek neem ernstig aanstoot dat ek as Christen nie ‘n keuse gelaat word nie.”

Klagtes beweer hulle word gemaak om te betaal vir gesertifiseerde kos wat hulle dwing om “finansieel by te dra tot die Islamitiese gemeenskap”.

“Islam is openlik en aktief anti-Christelik. Hoewel Suid-Afrika ‘n hoë mate van verdraagsaamheid onder verskillende godsdiensgroepe het en ons die goeie verhoudings aanmoedig tussen aanhangers van verskillende gelowe, is dit baie aanstootlik vir diegene wat gedwing word om ‘n godsdiens te ondersteun wat direk en fundamenteel gekant is teen sy eie,” skryf ʼn klaer uit Johannesburg.

‘n Inwoner van Kaapstad het gekla dat hy nie in ‘n plaaslike winkelsentrum ʼn wegneemete kon vind wat nie halaal is nie. “Behalwe vir vleis en hoender is selfs lekkergoed, bevrore groente, melk, botter, brood, sap, roomys en pasta nou halaal-gesertifiseer.”

Thoko Mkhwanazi-Xaluva, die voorsitter van die KGT-kommissie, het bevestig dat talle klagtes oor halaal-kosse ontvang is van besorgde Suid-Afrikaners en het verklaar dat die saak ondersoek word.

“Suid-Afrikaners moet voedselvervaardigers moeilike vrae begin vra, byvoorbeeld, hoeveel geld betaal hulle ekstra vir die halaal- en kosjer-embleem op voedselprodukte,” het sy gesê.

Mkhwanazi-Xaluva het gesê selfs gebottelde water is halaal- of kosjer-gesertifiseer. “As ek kosjer- of halaal-gesertifiseerde produkte aankoop, beteken dit dat ek ‘n ander godsdiens subsidieer. Ek betaal indirek vir iets wat nie my geloof is nie. Ons het hierdie beswaar met die Moslem Regterlike Raad opgeneem om te bepaal hoeveel geld dit op halaal-gesertifiseerde voedsel invorder. Ons het gesprekke met die Verbruikersraad gehad en volg hierdie kwessies op,” het sy gesê.

Toe hy gevra is vir kommentaar, het ‘n Pick ʼn Pay-woordvoerder gesê “halaal-sertifiseringskoste is onbeduidend en daar word geen koste aan ons kliënte oorgedra nie. Kliënte wat nie voedsel wil koop wat gesertifiseer is vir godsdienstige doeleindes nie, kan ander alternatiewe in ons winkels vind. Die enigste verskil is dat halaal-vleis geseën is. Die koste van hierdie seën is onbeduidend. Die meeste kliënte het geen beswaar teen halaal of kosjer-sertifiseringsimbole op die produkte wat hulle aankoop nie.”

Een van die belangrikste feite is egter dat die meerderheid van die bevolking baie oningelig en onkundig is oor die halaal-prosesse, en aanvaar dus eenvoudig hierdie verpakking onder die dekmantel van verdraagsaamheid.

Ons het besluit om verdere navorsing te doen. Onder die amptelike gebruikskode vir Moslems in die Weste, wat aanlyn by  www.al-islam.org/a-code-of-practice-for-muslims-in-the-west-ayatullah-sistani/eating-drinking, gevind kan word, maak dit die volgend verklaring:

  1. Question: We enter some super markets in Europe and find meat in tin containers produced by a European company with the writing on the package that conveys the sense of it being “halal” or “slaughtered according to Islamic laws”. Is it permissible to buy and eat such meat?

Answer: The writing [on the package] has no value if it does not lead to certainty [that it is actually halal].

Hierdie amptelike antwoord van die Moslem-gemeenskap laat ‘n mens wonder, as die verpakking nie geverifieer kan word nie – soos dikwels die geval is – is die doel van die verpakking dan nie nutteloos nie? Waarom word Suid-Afrikaners dan hieraan onderwerp?

Robert Aitken het onlangs met JOY! kontak gemaak en sy ontsteltenis uitgespreek oor die onkunde van die Suid-Afrikaanse publiek. Hy het vertel dat hoewel hy nie ‘n Christen is nie, hy aanstoot neem dat supermarkte uit hulle pad sal gaan om Moslem-gemeenskappe te ondersteun, maar nie eens hulle kliënte ‘n “Geseënde Kersfees” of “Geseënde Paasfees” wil toewens nie – al behoort meer as 80% van die Suid-Afrikaanse aan die Christelike geloof.

Robert het die volgende met ons gedeel:

“Ná baie telefoonoproepe en klagtes oor waarom ek een godsdiens (Islam) moet subsidieer en nie die Christelike gemeenskap ook nie, het Clover uiteindelik erken dat die Christelike gemeenskap ook oorweeg moet word. Soos u weet, is 90% van Suid-Afrikaanse kos halaal en gaan die gelde na die Moslem-gemeenskap terwyl die Christelike gemeenskap niks kry nie. As sekulêre persoon kan ek nie verstaan waarom ek gedwing word om halaal-kos te koop nie en niks word vir die Christelike gemeenskap gedoen nie. Die Moslem-gemeenskap hoef nie halaal-voedsel te hê nie. Die profeet Mohammed het gesê as daar geen halaal beskikbaar is nie, kan Moslems kos by ʼn Christelike of Joodse winkel koop en die kos op dieselfde manier seën as wat Christene doen.”

BYSKRIF: REUTERS / Regis Duvignau


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.