17 November 2018

Volgens die African Centre for Justice and Peace Studies (ACJPS) word Christene in Soedan gemartel om hul geloof te verloën, berig Kerknet.

Twaalf lede van ’n plaaslike Christelike kerk in Nyala, in Suid-Darfoer, is op 13 Oktober in hegtenis geneem. Die meeste Christene is pas vrygelaat nadat hulle hul geloof afgesweer het. Die priester is op 22 Oktober vrygelaat nadat hy ’n hoë borg betaal het.

Die ACJPS het die Soedanse regering versoek om ’n einde te maak aan hierdie praktyk. Die volle Sharia-wet geld In hierdie land. Die president streef vir een geloof, een kultuur en een taal en dit vererger die druk op Christene.

Soedan beklee die vierde plek op die ranglys van Christelike vervolging.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.