-deur Chris Mitchell en Julie Stahl | CBN News

 9 Oktober 2017

Met anti-Semitisme aan die toeneem, het duisende Christene in Jerusalem vergader om die Bybelse Loofhuttefees te vier en hulle by Israel te skaar.

Hulle het van heinde en verre byeengekom vir die sesdaagse vieringe, geborg deur die International Christian Embassy Jerusalem (ICEJ), in antwoord op ʼn antieke uitnodiging.

“Dit is die uitnodiging van Sagaria die profeet wat in Sagaria hoofstuk 14:16 ‘n tyd voorsien wanneer al die nasies sal kom om die Loofhuttefees in Jerusalem vier; ons is die voorlopers. Dit is ‘n kleedrepetisie,” het die ICEJ se vise-president, David Parsons, aan CBN News gesê.

Meer as 5 000 Christene van byna 100 nasies het vir die openingsaand opgedaag om hulle by Israel te skaar en die Bybelse fees te vier.

Die ICEJ is in 1980 gestig nadat 13 lande hulle ambassades uit Jerusalem na Tel Aviv verskuif het in protes teen Israel se verklaring dat die verenigde stad sy ewige hoofstad sal wees.

Israel se oorwinning in die Sesdaagse Oorlog van 1967 het dit moontlik gemaak deur Jerusalem weer te verenig, dus is 2017 ‘n spesiale jaar vir die fees.

“Wat dit baie opwindend maak, is dat dit ook Jerusalem se Jubeljaar is. Ons vier 50 jaar nadat die stad Jerusalem weer onder die Joodse soewereiniteit herenig is,” het Parsons gesê.

Paul Lynch van die Cook-eilande het gesê: “Ons is deel van 26 afgevaardigdes van die Cook-eilande en ons is hier om die Loofhuttefees te vier. Ons sal ook binnekort as ’n nasie vir die eerste keer by die ICEJ geregistreer wees. Dit is wonderlike om saam met al die ander nasies in die teenwoordigheid van God saam te aanbid.”

“Dit staan in die Bybel, dit is baie duidelik. Diegene wat Israel seën, sal geseën word. Dit is God se uitverkore land en ons regering verbind ons daartoe om Israel te ondersteun,” het hy bygevoeg.

“Vroeër vanjaar het die Here dit op my hart gelê om Samoa hier te verteenwoordig,” het Cruise Westerland gesê. “Ek het ‘n span van 20 mense saamgebring.”

“Ek dink Israel is ‘n belangrike land volgens die Bybel. Daarom dink ek dat elke Christen op aarde Israel moet ondersteun” het Veronica, ‘n jong vrou uit Finland, gesê.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.