7 Julie 2018

John Ramirez was voorheen ’n duiwelaanbidder en het in die naam van satan bose dade gepleeg.

Hy is nou ’n leraar, maar weet alles oor die kant van die duisternis. Hy het deelgeneem aan sataniese rituele en sy vriende het hom selfs “Luficer se seun” genoem.

In sy boek, Armed and Dangerous: The Ultimate Battle Plan for Targeting and Defeating the Enemy,  beskryf Ramirez waarom Christene meer doeltreffend moet bid.

“Ek het hierdie boek geskryf sodat Christene kan weet dat geestelike oorlogvoering nie net ’n verdedigingstaktiek is nie, daar is ook ruimte om aan te val met geestelike oorlogvoering,” het hy aan CBN News gesê. 

Ramirez het gesê hy was op sy doeltreffendste as satanis wanneer gelowiges om hom nie gebid het nie.

“Ek kon in die geestelike ryk veld wen teen die Christene wat nie gebid het nie,” het hy verduidelik. “Ek het hulle gebied oorgeneem; ek het jou bure besit, ek het jou woonbuurt besit, ek het jou streek besit omdat jy dit nie met gebed ingeneem het nie. Ek het jou voorgespring.”

Hy het ook vertel hoe Christene wat gebid het, sy bose planne in hul spore gestuit het.

“Dit is daardie gelowiges,  daardie groep mense, daardie voorbidders wat my op die geestelike gebied platgevee het,” het hy gesê. “Wanneer ek in hulle woonbuurt ingekom het, was hulle verenig in die gees, het hulle hande gevat. Het hulle fisiek hande vasgehou en gebid in daardie area? Ek weet nie, maar in die geestelike ryk het hulle hande vasgehou en kon hulle my uit die buurt verjaag.” 

Ramirez moedig Christene aan om te bid en veral ook te bid vir hulle nasie, skole en ander gebiede.

Hy het gesê: “Ons moet intree vir ons omgewing, ons streek, ons familie, ons geliefdes, ons mans, vroue, ons werkplek.”

Nadat hy die duiwel vir die grootste deel van sy lewe gedien het, sê hy dat hy die lewe wat hy in Christus gevind het vir niks sal verruil nie.

“Vir vyf en twintig jaar van my lewe kon ek enigiets aan enigiemand doen,” het Ramirez gesê. “Nou ag ek dit as dwaasheid, ek het Christus gevind. Hy is elke asemteug. Hy is by my. Hy praat die heeltyd met my.


Geskryf deur: Charlene Aaron
Artikel bron: www1.cbn.comjoynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.