-deur Geopende Deure

12 April 2018

Die Maledive, ʼn wêreldbekende vakansiebestemming, is ʼn plek van intense vervolging vir Christene. Uiterse druk in elke faset van die lewe is ʼn daaglikse werklikheid vir die land se Christene, want hulle is haaks met die streng vorm van Islam wat die land domineer, beide polities en kultureel.

Geloofsvryheid is beperk, siende dat die “beskerming van geloof”, wat in die land se grondwet uiteengesit word, bloot verstaan kan word as die beskerming van Islam. Volgens die owerhede moet elke Malediver ʼn Moslem wees.

Gemeenskappe van buitelandse Christene word fyn dopgehou, en daar is beperkings op samekomste, terwyl bekeerlinge vanaf Islam na Christenskap, die ergste vervolging ervaar. Hulle kry nie eers amptelike erkenning dat hulle in die land bestaan nie en kan geen kontak met die (hoofsaaklik Indiese en Sri Lankaanse) buitelandse kerke hê nie.

Geopende Deure doen ʼn beroep op Christene wêreldwyd om die paar Malediviese gelowiges in die Maledive, en in naburige lande, in gebed op te dra. Gegewe hoe min Christene daar is, en die streng waarneming deur die regering, kan hulle nie ander gelowiges ontmoet nie en verlang daarom na geestelike voeding en samesyn.

Skenk Nou Laai
Gebedskyfies af


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.