-deur Geopende Deure

8 Maart 2018

Christene woon al vir twee millenniums in Irak, maar is nou op die rand van uitwissing (ongeveer 70% van die Christene in Irak het sedert die 1990’s die land verlaat). Die opkoms van die Islamitiese Staat (IS) in 2014 het tot swaar verliese in die land gelei – baie mense het gevlug uit areas gevlug wat deur IS en ander Islamitiese ekstremiste beheer is.
Irak se effens laer ranglysposisie word meestal verduidelik deur die feit dat die Islamitiese Staat grond verloor het in die land. Hul ideologie is egter nie dood nie, en het die plaaslike bevolking beïnvloed. Alhoewel sommige Christen-gesinne teruggekeer het na hul huise, duur die emigrasie van Christene voort as gevolg van vrees en min hoop op ʼn beter toekoms. Vir Christene in die noorde van die land, het die nasleep van die referendum rakende Koerdiese onafhanklikheid ook ʼn rol gespeel in hul besluit om te emigreer. Geweld teen ‘hoofstroom-Christene’ word hoofsaaklik deur radikale Islamitiese groepe of individue uitgevoer, terwyl bekeerlinge vanaf Islam die meeste geweld van hul (uitgebreide) familie kan verwag.
Om Christene wat onder vervolging lei, te ondersteun, werk Geopende Deure saam met plaaslike vennote in die voorsiening van opleiding, Bybels, mikrolenings, boumateriaal, verligting tydens krisistye, en ander ondersteuning wat hulle benodig om aan te hou om die lig te wees in hulle oorloggeteisterde nasie.

Skenk Nou. Laai Gebedsskyfies af


Bron: opendoors.org.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.