-deur Jeffrey Schipper | CIP.nl

28 Augustus 2017

Christene wat deur Facebook geblokkeer is, het ‘n nuwe sosiale mediaplatform, SocialCross.org, geloods. Dit is deur ‘n groep Amerikaanse voorgangers gestig wat verskeie kere deur Facebook oor die vingers getik is omdat hulle onwelkome menings oor homoseksualiteit op Facebook geplaas het, berig The Christian Post.

Met hierdie nuwe platform hoop die predikante om ‘n plek te skep waar Christene openlik gesprekke kan voer sonder om bang te wees dat hulle geblokker sal word. Pastoor Rich Penkoski is een van die stigters van SocialCross.org. “Hierdie platform is ontwerp deur Christene en is op Bybelse beginsels gegrond,” sê hy. Penkoski het bygevoeg dat LHBT’s meer as welkom is as hulle aan besprekings wil deelneem.

Hierdie nuwe platform is drie weke gelede bekendgestel en het nou meer as 2 000 gebruikers.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.